Artist: 
Search: 
Reddit

Zinkplaat - Skemeraandverlange lyrics

Jy’s die son wat my laat opstaan
Laat glimlag en laat stilstaan
En vir ‘n oomblik laat wonder waarheen ek gaan

En jy’s die wind in my seile
Jy’s die gif in my pyle
Jy’s in die toring en ek moet die draak verslaan

Jy dwaal rond in die gange
Van my skemeraand verlange
Ek skryf jou naam met my vinger in die sand

En die gloed op jou wange
Is die kleur van die vlamme
En ek’s ‘n stompie wat in jou kaggel lê en brand

En as die maan oor die horison loer
Soos ‘n stout kind wat iets in die mou wil voer
Drink ons ‘n koppie koffie op ‘n koue kombuisvloer
Terwyl jy by my hart in loer

Daar’s pikswart tarentale
Bo-op die telefoonpale
Wat sit en wag vir die aand se rus

En die son se laaste strale
Gee die dag se laaste hale
Net voor die aandster dit rustig kom blus

En alles is kalm
In die Groot Man se palm
En ek sien ‘n smile op Sy gesig

En ek wil jou vertel
Van ‘n kleurkontras skouspel
En die wolke breek soos branders oor die horison se rug

En as die maan oor die horison loer
Soos ‘n stout kind wat iets in die mou wil voer
Drink ons ‘n koppie koffie op ‘n koue kombuisvloer
Terwyl jy by my hart in loer

O, jy dwaal rond in die gange
Van my skemeraandverlange

O, is dit jy? Was dit jy?
In die lyne op die palm van my hand?

En as die maan oor die horison loer
Soos ‘n stout kind wat iets in die mou wil voer
Drink ons ‘n koppie koffie op ‘n koue kombuisvloer
Terwyl jy by my hart in loer