Artist: 
Search: 
Reddit

Éf- Él - Die Verleë lyrics

Ek onthou vyf jaar terug 'n verlepte, vaal verhaal
Van 'n opgevoede welbeskaafde straatkind, en
Sogenaamde slagoffers wat verontrief

Ek sien die weerlig, ek probeer skrik
Maar jou gesig, ontwrig my instink
Ek begin dink, wat met my gebeur

Ek onthou 'n gretige gevoel van deel van iets wees
Ek onthou 'n masker gemeente
Omgekoopte eenheid van troos
Sien reguit deur jou en ek hoor jou
En ek voel absoluut fokkol

Ek sien die weerlig ek probeer skrik
Maar jou gesig, ontwrig my instink
Ek begin dink

Sprei die gene die verlee gaan staak
Jy's die rede so verskoon ons gedrag

Genees dan jou beserings
Maak dan reg wat verkeerd is
Ons is mos so geleer
Geprogrameer om te volg
Die institusie die sisteem van sorg
Wat die waarheid ignoreer

Sprei die gene die verlee gaan staak
Jy's die rede so verskoon ons

Sprei die gene die verlee
Genees dan jou beserings
Maak dan reg wat verkeerd is
Ons is mos so geleer
Geprogrameer om te volg
Die institusie die sisteem van sorg
Wat die waarheid ignoreer